Wat my ma my geleer het……..

Mei 11, 2015

Ma het my geleer hoe om te bid: “Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom”

Sy het my geleer van “time travel”: “Ek sal jou tot in volgende week in klap!”

Sy het my geleer pa’s is slimmer en ryker as ma’s: “Gaan vra jou pa!”

Sy het my geleer oor plantkunde: “Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?”

Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: “Meneertjie!!!”

Sy het my van die weer geleer: “Dit lyk of ‘n dekselse orkaan jou kamer getref het!”

Sy het my geleer van fauna en flora: “Moenie vir my vertel perredrolle is vye nie!”

Sy het my geleer om myself te ontdek: “Hou op om jou soos jou pa te gedra!”

Sy het my die wetenskap van osmose geleer: “Hou jou mond en eet jou kos!”

Sy het my geleer van uithouvermoë: “Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!”

Sy het my geleer van sintuie: “Kinders word gesien en nie gehoor nie!”

Sy het my geleer van humor: “Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!”

Sy het my van jaloesie geleer: “Daar is duisende arm kindertjies wat ouers soos joune begeer!”

Sy het geleer dat daar ‘n plek en ‘n tyd vir alles is: “As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek’t nou net hier skoongemaak!”

Sy het my wiskunde geleer: “Sit jy alweer en tande tel!”

Sy het my logika geleer: “Want ek sê so, dis hoekom!”

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur: “Ek sal jou klap dat jy jou antie vir ‘n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!”

Ai ma’s is darm ma slim.


Maand laat

Augustus 13, 2014

electrical man‘n Jong man kom een aand tuis en sy vrou omhels hom en sê ” Liefie, ek het goeie nuus. Ek is ‘n maand laat. Ek dink ons gaan ‘n baba kry!  Die dokter het my vandag getoets, maar totdat ons sekerheid kry, mag ons vir niemand sê nie.”

Die volgende dag lui ‘n man van die elektrisieteitsmaatskappy die deurklokkie omdat die paartjie nog nie hul rekening vereffen het nie: “Is u mev. Smit? U is ‘n maand laat, weet u?”

“Hoe weet u dit?” stotter die vroutjie. “Wel mevrou, dis in ons lêer.” sê die man van die elektrisiteitsmaatskappy. “In julle lêer?” “Ja, mevrou!”

“Wel, ek sal eers vanaand met my man praat.”

Die aand vertel sy vir haar man van die besoek. Mal van woede storm hy vroeg die volgende oggend na die kantoor van die elektrisiteitsmaatskappy.

“Wat gaan hier aan?! Dis in jul lêer dat my vrou ‘n maand laat is! Hoe weet julle dit?” skreeu hy.

“Bly net kalm.” sê die klerk, “dis niks ernstigs nie.  Al wat jy moet doen is om ons te betaal.”

“Betaal? En as ek weier?”

“Wel, meneer, dan is afsny die enigste opsie.”

“En wat van my vrou?”

“Ek weet nie. Sy sal seker maar ‘n kers moet gebruik.”


Ek’s ‘n dapper muis

Julie 16, 2014

Dapper muisop die wysie van “Ek’s ‘n… dapper muis”…

Ek’s ’n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Ek soek jou beeste en jou huis en die moola in jou kluis
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie

En wie gaan dit betaal
Oe, betaal?
Ja, betaal voor die bank dit als kom haal
Nou ja, buiten vir betaal, is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek’s ’n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie
Gee jou skape ook vir my en die kar waarmee jy ry
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie

En wie koop al die kos
Oe, die kos?
Ja die kos anders vrek die diere mos
Nou ja, buiten vir betaal en kos… is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek’s ’n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie
Kyk hoe vat ek jou Johan Deere en jou ploeg en jou geweer
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie

En wie gaan diesel koop
Oe, diesel koop
Ja diesel koop dat die trekkers aanhou loop
Nou ja, buiten vir betaal en kos en diesel koop… is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek’s ’n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie
Kyk hoe braai ek vir my vleis in die lapa by jou huis
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie

En wie ploeg dan die land
Oe, die land
Ja die land sodat jy kan mielies plant
Nou ja, buiten vir betaal en kos en diesel koop en lande ploeg… is daar niks waarvoor ek skrik nie!

Ek’s ’n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie
Ek is van die ANC en jy moet als vir my gee
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie

En wat as dit nie reën en die vee is vel en been
En die boorgate is droog en die lammers wil nie soog
En die mielies wil nie groei en jy moet die enjins bloei
En die dam wat begin lek en die skape wat wil vrek
En die mielieprys is laag en die beeste het ’n plaag
En die kunsmis is te min as die planttyd moet begin
En die drade moet weer heel want jou bokke word gesteel
En jy moet jou kinders voer, maar die plaas is in sy MOER!

Waar’s jy?

Eish! Ek soek hom nie die plaas nie Morena!


Wiskunde oor die jare

Junie 24, 2014

prehistoriqueWiskunde in die 1960′s :

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy produksie-koste
is 4/5 van die prys.
Wat is sy profyt?

Wiskunde in die 1970′s :

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is 4/5
van die bedrag, of R80.
Wat is sy profyt?

 Wiskunde in die 1980′s :

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is
R80.
Het hy ‘n profyt gemaak?

 

Wiskunde in die 1990′s :

‘n Boer verkoop ‘n bakkievrag vol brandhout vir R100. Sy uitgawes is R80
en sy profyt is R20.
Opdrag: Onderstreep die syfer 20.

Wiskunde in die 2000′s:

‘n Boer kap ‘n pragtige woud af sodat hy ‘n
profyt van R20 kan maak. Voordat hy dit egter kan verkoop, word hy geskiet
en sy bakkie gekaap. Die kaper verkoop die hout vir R50 en die boer se
bakkie vir R800 en maak dus ‘n wins van slegs R850.
Opdrag: Verduidelik hoekom dit die regering se skuld is


Blind Date

Mei 27, 2014

woman-on-bad-blind-dateEk gaan op ‘n blind date en wag toe by die restaurant vir die meisie.

Toe daar ‘n meisie aangestap kom wat lyk of dit sy kan wees, vra ek vir haar:

‘Is jy Louise?’

 

Sy antwoord: ‘Is jy Louw?’

Ek antwoord: ‘Ja.’

Toe antwoord die meisie: ‘Nee, ek is nie Louise nie…